Mango se Vlugte Tydelik Gegrond Vanaf 1 Mei na ANC Regering Sloer Met Reddingsboei Uitbetaal!

Mango se vlugte sal vanaf 1 Mei nie meer in die lug wees nie. Dit kom nadat die vlug operateur maande lank op sy deel van die geld, wat deur die regering aan die SAL toegestaan is, gewag het. Die SAL het ‘n reddingsboei vanaf die regering van ongeveer R2,7 miljard ontvang, waarvan R10,5 miljard aan die SAL-filiale, AirChefs, Mango en die SAL-tegniese maatskappy moes gaan.

Tot op die hede, het Mango nog nie ‘n sent van die geld ontvang, wat volgens berigte in Oktober 2020 aan hulle moes oorbetaal word nie. Daar word tans beraam dat die geld teen Junie vanjaar, aan Mango betaal sal word. Wat ongelukkig te laat is, vir Mango se skuldeisers.

Luister hier: