Jayde Panayiotou se Moordenaars Kry Ook Lewenslank Tronkstraf vir Moord op Denise Webber (78) in 2015 in Port Elizabeth!

Wie nog het hulle vermoor? Slegs vier maande nadat hulle die onderwyser Jayde Panayiotou vermoor het, het Sinethemba Nenembe (33), Fikile Mengo, Mkhuseli Ngqanda en Thanduxolo Vumazonke, ‘n 78-jarige ouma in Port Elizabeth vermoor. Denise Webber, ‘n weerlose 78-jarige vrou, is op 20 Augustus 2015 gevoelloos en onnodig dood gewurg in haar tuinwoonstel in Needhamstraat, Kabegapark, toe die vier moordenaars haar huishulp oorrompel en vasgemaak het, waarna hulle die hoofhuis sowel as die tuinwoonstel geplunder het en van die huishoudelike goedere gesteel.

Drie van die moordenaars dien reeds vonnisse uit vir ander misdade en Fikile Mengo, wat een van Webber se werkers was, is deur sy ouma na die polisie geneem waar hy homself oorgegee het.

Luister Hier: