Eskom te Bankrot om Salaris Verhogings te Gee

Suid-Afrika se bankrot nasionale kragvoorsiener, Eskom het nie die vermoë om salarisse te verhoog nie, omdat daar geen geld oor is nie. Eskom het ‘n skuldlas van byna R500 miljard wat vereffen moet word, en met rentekoerse wat mettertyd geleidelik styg, groei die uitdaging.

Die kragvoorsiener kon nie tot ooreenkoms met die vakbonde kom nie, wat eis dat die salarisse vir werkers by die staatsentiteit verhoog word, maar met die verliese weens korrupsie, wat die finansiële posisie elke jaar verder verswak, is dit ook nie moontlik om ‘n aanbod te maak nie.

Luister Hier: