Dieselfde Aanklaer van die #DoodskisTwee Hofsaak, Robert Molokoane Lei #Dirkiesdorp Hofsaak! Toevallig?

Is dit toevallig dat dieselfde aanklaer wat destyds vir Theo Jackson en Willem Oosthuizen, in die sogenaamde doodskis twee saak vervolg het, waar politieke partye ook die storie na ‘n groot rassekaart storie en media sirkus omskep het, nou ook die #Dirkiesdorp saak hanteer? Word aanklaer Robert Molokoane elke keer gekies om in sekere sake aan te kla weens sy spesiale talent om ‘n vals narratief op te stel en mense aan te kla op grond van hul wit ras en nie vir enige ander rede nie?

As mens kyk na hoe meedoënloos die staat se aanklaer, die einste Robert Molokoane sy vals narratief en blatante leuens volhou, in die #Dirkiesdorp borgaansoek, dan wonder mens regtig, is Robert Molokoane die NVG se rassekaart impakspeler? Hy het Woensdag in die hof voortgeborduur met sy uit-die-duim gesuigde opmaakstories en vals narratief, met die uitsluitlike doelwit om 5 onskuldige mans vir ‘n langdurige en onbepaalde tyd in die tronk aan te hou, sonder verhoor.

SAUK Nuus: SAPD Lieg oor #Dirkiesdorp, Boer in Rystoel Vermoor, ANC Kabinet vol Twis, Wisselkoers, Weer en Meer

SAUK Radio Nuus van die dag. Skakel elke dag in om 7 uur soggens, 1 uur smiddags en 7 uur namiddag om na SAUK Radio se Nuus Bulletin te luister wat vir jou die nuus van die dag bring wat die blanke volk raak. Ons gebruik ‘n lae band stroom so dit neem nie baie data om heeldag lekker te luister nie. Stuur asseblief U nuus brokkies of pers-verklarings aan nuus “by” sauk.co.za. Indien U die nuus wil borg of wil adverteer, skakel ons gerus – alle inkomste word op ons platform spandeer. Indien U wil bydrae tot hierdie inisiatief, of ‘n potgooi het om uit te saai, kontak ons asb.

Laai die SAUK Radio Android Toep hier af: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.sauk.radio