Dieselfde Aanklaer van die #DoodskisTwee Hofsaak, Robert Molokoane Lei #Dirkiesdorp Hofsaak! Toevallig?

Is dit toevallig dat dieselfde aanklaer wat destyds vir Theo Jackson en Willem Oosthuizen, in die sogenaamde doodskis twee saak vervolg het, waar politieke partye ook die storie na ‘n groot rassekaart storie en media sirkus omskep het, nou ook die #Dirkiesdorp saak hanteer? Word aanklaer Robert Molokoane elke keer gekies om in sekere sake aan te kla weens sy spesiale talent om ‘n vals narratief op te stel en mense aan te kla op grond van hul wit ras en nie vir enige ander rede nie?

As mens kyk na hoe meedoënloos die staat se aanklaer, die einste Robert Molokoane sy vals narratief en blatante leuens volhou, in die #Dirkiesdorp borgaansoek, dan wonder mens regtig, is Robert Molokoane die NVG se rassekaart impakspeler? Hy het Woensdag in die hof voortgeborduur met sy uit-die-duim gesuigde opmaakstories en vals narratief, met die uitsluitlike doelwit om 5 onskuldige mans vir ‘n langdurige en onbepaalde tyd in die tronk aan te hou, sonder verhoor.

Dirkiesdorp: Selfs Polisie Bieg vir Massamedia se “Witman Sleg, Swartman Onskuldig” Propaganda! Blankes Word Gekanselleer!

Polisie het vals verklaring uitgereik na die Dirkiesdorp voorval, na die ANC en EFF “lynchmob” en “Swart Twitter” weer saamgesweer het om vier boere in tronk te hou, al is feite nie eers bekend nie. Die Polisie het feite weerhou en verdraai in hulle amptelike verklaring oor die Dirkiesdorp voorval. Hulle het beweer dat 2 swart mans doodgeskiet was nadat hulle op ‘n plaas gaan werk soek het, en al klink dit absurd en heeltemal onwaarskynlik, nog steeds het alle media publikasies en sosiale media, die Polisie se verklaring as feite aangebied. Maar die feite is egter dat daar ‘n onwettige optog op die plaas gehou was, wat nie deur die Polisie gemonitor was nie. Ons weet mos watter intimiderende aard hierdie sogenaamde “toyi toyi for free stuff” van “our people” inhou.

Verdere feite wat nou aan die lig kom is dat hierdie onwettige betogings nou al ‘n jaar aankom en die Polisie is nou besig om ‘n sluier van geheimhouding oor die saak te t